Contact

David Muyambo
Cell: 073 536 1879
or email

Contact David for site free inspections and quotations.


Kontak

David Muyambo
Sel: 073 536 1879
of e-pos

Kontak David vir gratis terreininspeksies en kwotasies.


Boomslopings dienste in en rondom Pretoria / Tshwane


Kontak David op of 073 536 1879

Soms is dit nodig om 'n boom of groot struik heeltemal of gedeeltelik te verwyder, as gevolg van siekte, ouderdom, skade of om plek te maak vir nuwe ontwikkeling. Ek en my span gebruik hoë gehalte gereedskap om 'n veilige en professionele diens te verseker.

Hierdie tipe werk kan baie gevaarlik wees, veral as die bome wat verwyder word reeds dood is. Vir u beskerming het ons openbare aanspreeklikheid versekering.

Met elke projek wat ons aanpak het ons 3 goue reels:

  • Maak die werk betyds klaar.
  • Maak die werk veilig klaar.
  • Laat die terrein netjies agter.
DM Boomsloping span

Dienste

  • Boomsloping
  • Stomp verwydering
  • Snoei van hoë palm bome
  • Palm verwydering
  • Algemene snoeiwerk van bome en struike
  • Presiese snoei en saag werk (In gevaarlikke of moeilik bekombare plekke)
  • Terrein skoonmaak
  • Tuinafval verwydering
  • Rommel vervydering

Eienaar Gedrewe & Toesig

Daar word toesig gehou oor al ons werk deur myself, David Muyambo. Sedert 2001 werk ek as 'n professionele boomsloper, ek het behoorlike boomsloping en veiligheid opleiding. Ek dring aan dat my span ten alle tye veiligheid toerusting soos harnasse, handskoene, veiligheid skoene en brille gebruik.


Versekering

Ons het openbare aanspreeklikheid versekering vir u gemoedsrus.


Wanneer werk ons?

Ons werk 6 dae van die week, Maandae tot Saterdae van sonsopkoms tot die werk voltooi is.


Waar werk ons?

Pretoria / Tshwane en omliggende areas in Gauteng.

Ons werk gereeld in die volgende woonbuurte: Brooklyn, Centurion, Equestria, Faerie Glen, Garsfontein, Hatfield, Irene, Lynnwood, Menlo Park, Montana, Mooikloof, Moreletapark, Rietfontein, Waterkloof en Woodhill.


Waar kan ons gevind word?

Kyk uit vir ons in Lynnwood, op die hoek van Rodericksweg & Sussexlaan.

As ons besig is om bome te sloop, gee vir David 'n luitjie op 073 536 1879.


Span en gereedskap

Ons het 2 spanne, elk toegerus met kettingsae, tuin gereedskap, blaarwaaiers, 'n 4x4 voertuig en sleepwa. Boomsloping en terrein skoonmaak is vir ons 'n vinnige en pynlose oefening.


Wettige afval storting

Ons stort alle afval by verskeie munisipale stortingsterreine in en rondom Pretoria.


DM Boomslopings besig om bome te af kap.